Azette reik eerste digbundel uit

Bundel is by plaaslike boekwinkel beskikbaar.

SECUNDA – Azette Wiesner se eerste digbundel, Woord-Engel, is onlangs vrygestel en is reeds by die Faith4U Boekwinkel op Secunda beskikbaar.

Sy het besluit om haar gedigte met die wêreld te deel na haar man, mnr. Etienne Wiesner, se dood.

Wiesner se Facebookblad, Azettienne gedigte, spog met 60 000 vriende.

Woord-Engel is as ’n koffietafelboek uitgegee en is op glanspapier gedruk.

Elke bundel bevat ’n CD met die titel Hettema sing Wiesner.

Wiesner het Lize Stassen opdrag gegee om 16 gedigte te toonset en dit laat opneem deur die sanger Helena Hettema.

Skakel 0176342788 vir meer inligting of epos na azettienne@mweb.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version