Local newsNews

Heymans Kole Hoëveldfees dag 1

Dag een was propvol vermaak vir jonk en oud.

Die hoogtepunt in menige Standertonner se dagboekinskrywing het op 18 September begin.

Heymans Kole Hoëveldfees het nie, soos ander jare, besoekers genoop om hulle met warm baadjies te pantser nie.

Die moeite wat die uitstallers met hulle stalletjies gedoen het, sal later beloon word wanneer pryse oorhandig word.

Die vee, waaronder Holstein en Brahmane, is beoordeel en die skape en boerbokke is geskou.

Die Simmentallers en Simbras se beoordeling het ook plaasgevind.

Ongelukkig het die Motocross-vertoning weens die wind wat sy stempel afgedruk het, nie plaasgevind nie.

Die musikale groep, Ligweg, het ’n jeugdiens by Laerskool Standerton gehou wat uit alle oorde as ’n belewenis beskou kon word.

Dié naweek sal jonk of oud, boer of huisvrou, tiener of bejaarde, se smaak by die Skouterrein bevredig word.

Click here to have a look at the photo gallery.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button