Polisie trek boewe vas

17 verdagtes is in hegtenis geneem.

Die Standerton Polisie het die volgende verdagtes die afgelope week in hegtenis geneem:

• Een vir aanranding om ernstig te beseer
• Een vir diefstal vanuit ‘n voertuig
• Drie vir huisinbraak en diefstal
• Twee vir roof
• Een vir besit van vermoedelik gesteelde goedere
• Een vir besit van dwelms
• Een vir verkoop van alkohol sonder ‘n lisensie
• Een vir diefstal
• Vier vir inbraak by ‘n onderneming
• Een vir bestuur sonder ‘n lisensie
• Een vir aanranding

Lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, het inwoners van Meyerville versoek om ‘n vergadering op 25 September om 5nm by die ou Skyline Café by te woon.

Die polisie sal aandag aan misdaad in die omgewing gee.

Hy het ook inwoners aangeraai om nie waardevolle items in hulle voertuie gedurende die skou die naweek te laat nie, maar eerder tuis.
“Baie voertuie parkeer buite die terrein en ‘n mens kan nie van veiligheidsbeamptes verwag om ‘n oog op almal te hou nie,” het lt. Nhlabathi gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version