Kragboks stink

Urine stink langs Bethal-onderneming.

BETHAL – Mnr. Vernon en me. Lisa Scheepers, eienaars van ’n onderneming, is ongelukkig oor die kragboks wat langs hul winkel staan.

Hulle het vroeër vanjaar met kragprobleme gesukkel en die munispaliteit het ’n nuwe een reg langs hul winkel opgesit.

“Mag ’n kragboks so naby aan ’n winkel wees?” het mnr. Scheepers gevra.

Hulle het die munisipaliteit herhaaldelik oor die probleem geskakel, maar niks word daaraan gedoen nie.

Mense stop glo snags daar en gebruik die spasie tussen die winkel en die kragboks as ’n badkamer.

“Dit stink en affekteer ons winkel,” het hul gesê.

Volgens die egpaar wil hulle winkeladvertensies op die vensters sit, maar die kragboks maak dit vir hulle onmoontlik.

“Ons het ’n plakkaat op die kragboks geplak wat aandui dat die publiek nie die spasie as ’n badkamer moet gebruik nie,” het hul gesê.

Die hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, mnr. Henry Masango, het gesê dat die probleem aangemeld is en hulle sal so gou as moontlik ’n oplossing soek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version