Bethallers is moeg gekla

’n Man slaap onder brug en maak die plek sy badkamer en Bethallers is raadop.

BETHAL – Inwoners wat naby die Hendrienabrug in Spoorstraat bly, is moedeloos oor die hawelose man wat onder die brug bly en die plek na urine laat ruik.

Na wat verneem word het hy aan ’n inwoner gesê dat hy die rommel wat by die brug lê herwin, maar inwoners sê dit is sommer bogstories.

Glasbottels en blikkies lê in hope daar rond en die rommel hou ’n gesondheidsrisiko in.

diwe kruip ook glo in die treinwaens weg wat daar staan.

“Bethal is in ’n toestand en wat is die oplossing?” het ’n inwoner gevra.

Bethallers meen die munisipaliteit moet iets aan die probleem doen.

Die hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, mnr. Henry Masango, het gesê dat hulle nie bewus van die probleem was nie, maar sal so gou as moontlik iets daaraan doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version