Ouma met geweer by kinderpartytjie aangehou

Die rower het daarin geslaag om in ’n mini-taxi weg te kom.

’n Gewapende man het ’n niksvermoedende vrou in die middedorp se woongebied gedreig en van haar geld op 12 September beroof.

Gaste het vir ’n plaaslike sakeman se dogtertjie se verjaardagpartytjie opgedaag en die kleuters vir die geleentheid vanaf 2nm afgelaai.

Die middeljarige vrou het haar kleinkind veilig by die partytjie omstreeks 2.30nm besorg en na haar voertuig gestap.

Nadat sy in haar motor ingeklim het en die deur wou toetrek, het ’n rower ’n vuurwapen op haar gerig en geld geëis.

 

Vir die volledige berig, kry jou uitgawe van die Standerton Advertiser Vrydag.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version