Hoërskool Ermelo super-reünie 19 – 21 September 2014 Program

Kry die Hoërskool Ermelo super-reünie program hier.

VRYDAG 19 SEPTEMBER

15:00 – 17:00

Registrasie by die skool – R30.00 per persoon.

18:00 tot laat :

Kuier van verskillende jaargroepe ( bv. 10-,20-,30-,40-,50- en 60 jaar)  in verskillende lokale by die skool. Elke groep is verantwoordelik vir eie eet- en drinkgoed. Braaipakkies en vure met roosters sal voor die Ouditorium beskikbaar wees. Al die oud-Erries wat nie by bg. spesifieke jaargroepe betrokke is nie kan voor die ouditorium kuier. Braaipakkie bestaan uit biefstuk, tjop en wors en sal teen R40  per pakkie beskikbaar wees. Indien julle dit wil bestel, doen dit betyds soos op vorm aangedui.

 

SATERDAG 20 SEPTEMBER

07:30 

Ontbyt by verskillende huise @ R100.00 per persoon.

Oud Veltmanners eet in Huis Veltman, Nelsies in Nelstehuis, Adriani’s in Adriani en Dorpies in Onthaallokaal (dit is by hoofpawiljoen). Slegs 120 persone kan per huis toegelaat word.

Aan die einde van die inligtingstuk is daar ‘n vorm wat voltooi moet word indien jy sou belangstel om by een van die huise te gaan eet. Die eerste 120 besprekings per huis wat betaling in die onderstaande rekening inbetaal sal kaartjies tydens registrasie ontvang vir die ontbyt. Dit gaan beslis ‘n oggend vol nostalgie wees. Kom kuier saam!

09:00 

Gholf @ R200.00 per speler

Gholf  by Ermelo Buiteklub. Besprekings moet asseblief gedoen word op vorm wat aan einde van die inligtingstuk is.

 

AKSIES BY DIE SKOOL

TEETUIN  vanaf 10:00 – 14:00

Daar is ‘n tee tuin by die skool waar daar heerlik gekuier kan word terwyl die Erries vir jul smullekker gebak en drinkgoed aandra teen pryse soos op spyskaart. Hiervoor hoef jy nie te bespreek nie. Kom en geniet dit net.

BEGELEIDE TOERE  vanaf 09:00

Hierdie toere deur die skoolgebou, terrein en koshuise geskied al om die uur. Kom stap saam op jou spoor van herinneringe. Kom elke keer voor die hoofgebou saam en ons ontmoet jou daar.

11 : 00 : Netbalwedstryd tussen oud-Erries en huidige eerstespan.

11 : 00 : 20/20 Krieketwedstryd tussen oud-Erries en huidige eerstespan

14: 30 : Musiek- en dansoptrede in Ouditorium.

Feeskonsert : Onthou om te Onthou. Oud-Erries, Musiekpersoneel en huidige Erries is nou al aan die oefen om ‘n besondere program aan te bied. Kaartjies kos R80.00

15 : 00 : Braai op Rugbyveld – R 100.00 per persoon

Daar gaan heerlik op die rugbyveld – A en B – saam gekuier word. Jaargroepe gaan weer op versoek bymekaar kan kuier.

Die R100 pp sluit jou ete in. Bespreking van die etes moet ook op die vorm aan die einde van die inligtingstuk gedoen word. Daar word slegs ‘n beperkte hoeveelheid per gereg gemaak. Bespreek betyds sodat jy nie teleurgestel word nie.

ETES: KIES EEN VAN DIE VOLGENDE:

o    Osbraai met pap, sous, slaai en brood

o    Skaap op die spit met pap, sous, slaai en brood.

o    Heerlike hoëveldse  skaapkerriepot, rys, slaai en brood.

o    Visbraai met patats, slaai en brood.

o    Braaipakkie (wors, biefstuk en tjop) wat jyself braai op roosters ) met pap, sous, brood en slaai.

o    Koffie met ‘n soetigheid rond jou ete af.

Verskillende jaargroepe kuier saam om oop vure en geregte word geniet. Eie stoele moet indien, moontlik, saamgebring word. Daar sal ‘n groot tent met tafels en stoele beskikbaar wees vir die persone wat wil sit en eet.

Verskillende vorme van vermaak vind deur die middag en aand plaas.

‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en eie drank mag nie saamgebring word nie.

Gesellige kuiermusiek sal heelaand sorg vir ‘n feestelike tmosfeer.

Daar sal in die loop van die middag kosstalletjies by die Errie-kafeteria wees vir die kinders en groot Erries as die honger knaag.

 

FEESAANDENKINGS

Dit gebeur eenmaal in ‘n leeftyd … die EEUFEES! Kom maak ‘n draai by die Errie-kafeteria waar die aandenkings beskikbaar is.

Daar sal ‘n Kinder-oppas-diens beskikbaar wees. Saterdag sal daar ook vermaak vir kleuters en laerskoolkinders wees.

 

SONDAG 21 SEPTEMBER

09 00 en 10: 30

Hierdie feesnaweek word afgesluit met ‘n erediens in die Ouditorium. Die dienste word waargeneem deur oudleerlinge. Ons weet daar is oud-Erries wat vroeg weer die terugtog wil aanpak. Daar sal ‘n diens om 07:30 wees en weer een om 09:30. Na afloop van die diens sal koffie en tee met ‘n eetdingetjie in die foyer beskikbaar wees. Ons sal kollekte opneem tydens die dienste wat aangewend word vir die EHS liefdadigheidsprojek.

Skakel gerus vir Sanette Botha vir die besprekingsvorm by 017 811 2255.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version