Local newsNews

Inwoners teken beswaar aan teen onwettige storting

Lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, het gesê die polisie het geen mag om tussenbeide by onwettige vullisstorting te tree nie.

Inwoners van Meyerville het beswaar aangeteken teen die oop veld, op die hoek van Hawthorne- en Britsstraat, wat as ’n vullishoop gebruik word.

Die Standerton Advertiser het ondersoek ingestel en op ’n toegegroeide veld afgekom.

Die veld is oorkant die Sewende Dag Adventiste kerk, wat ook die Burning Torch Academy huisves.

“Dit is die laaste ding want jy wil sien wanneer jy Sondae kerk toe gaan,” het ’n besorgde inwoner gesê.

Die Standerton Advertiser het die wykraadslid, mnr. Louis Jansen van Rensburg, verwittig.

“Ek sal die verantwoordelike mense skakel,” het mnr. Jansen van Rensburg gesê.

Lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, het gesê die polisie het geen mag om tussenbeide by onwettige vullisstorting te tree nie.

Volgens hom het die Lekwa Munisipaliteit regulasies in dié verband en kan ’n boete oplê aan iemand wat skuldig bevind word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button