CrimeLocal newsNews

Onderwyser verskyn in hof weens beweerde molestering

Laerskoolonderwyser op borgtog vrygelaat na aantygings van molestering.

SECUNDA – ’n Onderwyser van Laerskool Goedehoop het in die plaaslike landdroshof verskyn nadat sy in hegtenis geneem is weens beweerde molestering van voorskoolse kinders.

Sy is op borgtog vrygelaat.

Die beweerde misdade is glo tydens pouses en wanneer die onderwyser alleen met die kinders was, gepleeg.

“Die eerste keer wat ek bewus gemaak is van die aantygings, was toe die polisie my op 1 Augustus geskakel en ingelig het dat een van die ouers ’n klag teen die onderwyser gelê het,” het die hoof van Laerskool Goedehoop, mnr. Neels Ferreira, gesê.

“Die beheerliggaam het dadelik die departement van onderwys versoek om die onderwyser in die pre-primêre fase te skors hangende die ondersoek.

“Verder is ’n ander onderwyser dadelik in die pos aangestel en daar is terapeutiese bystand aan die leerlinge verleen.”

Die vrou verskyn weer op 16 September in die Secunda Landdroshof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button