EntertainmentLifestyleLocal newsNewsSchools

Skool nooi mense na fees

Biltong en Braaifees bied iets vir almal op Secunda.

SECUNDA – Hoërskool Secunda en Goudveld Slaghuis bied op Saterdag, 25 Oktober die Biltong en Braai Fees’14 aan.

Dit vind vanaf 9vm tot 7nm by die skool plaas en KykNet se Jan Braai gaan ook daar wees.

Toegang is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 18.

Daar gaan ’n biertuin wees en DJ Andrew gaan vir die musiek sorg.

Feesgangers sal tussen Made With Love Vlooimark se stalletjies kan deurloop en daar gaan ook stalletjies wees wat biltong en droëwors verkoop.

Belangstellendes kan aan die Remax Gourmet Boerie Braaikompetisie deelneem of Hoërskool Secunda Braai Restaurant of die Ciro Koffiekroeg besoek.

Daar sal ook ’n bergfietsuitdaging met Jan Braai wees, asook ’n kaskarwedren en trompoppies.

Vir meer inligting, skakel mnr. Paul van den Berg by 079 358 9035 of besoek die fees se Facebook-blad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button