CrimeNews

15 mense in hegtenis geneem

Crime stats show that 15 suspects have been arrested by the Standerton Police during the past week.

Die Standerton Polisie het die volgende verdagtes die afgelope week in hegtenis geneem:

• Drie vir winkeldiefstal

• Twee vir veediefstal

• Twee vir diefstal

• Twee vir roekelose en nalatige bestuur

• Een vir diefstal vanuit ’n voertuig

• Een vir verkragting

• Een vir besit van gesteelde goedere

• Twee vir aanranding

• Een vir besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen

Lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, het die inwoners van Meyerville aan ’n vergadering op 9 September om 5nm herinner.

Die vergadering sal in die oop veld, langs die ou Skyline Kafee, plaasvind en almal is welkom.

Die onlangse toename in inbrake is kommerwekkend en die polisie versoek die publiek om by misdaadvoorkoming betrokke te raak.

Hulle versoek ook dat voertuie, wat agterdog wek, aangemeld word.

Skakel die Standerton Polisie by 017 719 1250 vir enige inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button