Wat gons op sosiale netwerke na lyfstraf-voorval

‘Ek het glad nie ’n probleem as my kind aangejaag het en hy vat sy pak nie, maar looi hom op sy boude, nie op sy bene nie!’

Principal accused of corporal punishment:

* Ben Bezuidenhout: Ek sê bring pakslae terug en disipline sal weer optel, ek haal my hoed af vir onderwysers wat met vandag se kids moet werk, maar ’n kind het boude gekry wat jy kan tugtig, nie enige plek nie jou sot! As dit my kind was sou ek jou nie rapporteer nie, ek sal jou twee keer so erg aanrand!

* Sandra Van Reenen: Moenie die onderwyser oordeel alvorens ons nie presies weet wat die kind gedoen het nie.

* Nicolette van Zyl: Ja dis nie mooi nie en grens aan mishandeling, maar weet mense hoe gaan dit in klaskamers? 
Onderwysers het tot op moedverloor se vlakte nie vreeslik beheer oor die kinders se gedrag nie en word die klasse ontwrig aanhoudend deur belhamels wat eenvoudig geen respek of gehoor gee aan die gesag nie.

* Celeste Burger: Ek stem saam met Ben Bezuidenhout.

* Joseph Higgins: Ek dink daardie hoof moet maar haar of sy baatjie vat en aanstap.

* Jaco Van Zyl: Ek het glad nie ’n probleem as my kind aangejaag het en hy vat sy pak nie, maar looi hom op sy boude, nie op sy bene nie!

* Anita De Beer: Nee wat, wat verkeerd is, is verkeerd! 
Jy rand nie ’n kind aan omdat jou emosies en humeur aan die tuimel is nie!

* Tukie Ntomboxolo: This principal has been doing this for far too long. 
It was just a matter of time.
That school is more of a prison than anything else, thank God its not my child.

Om die berig te lees klik hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version