Spook van Uniondale draai by Ster Kinekor

Neem die familie vir ’n fliek op Secunda.

SECUNDA – Adam Tas speel die rol van Stefan in die film Spook van Uniondale.

Stefan is ’n jong sakeman wat op pad is om sy ouers in Baviaanskloof te besoek toe sy motor naby Uniondale breek en sy planne vir die Paasnaweek drasties verander.

Hy slaag daarin om tot op Willowmore te kom waar hy bly totdat sy motor reggemaak is.

Hy ontmoet egter vreemde karakters op Willowmore en leer van die spook van Uniondale.

Die storie oor die spook handel oor Johan (gespeel deur Ivan Zimmerman) en Marie (gespeel deur Tanya van Graan) wat sedert hul kinderdae onskeibaar was en later getroud is voordat hul storie tragies geëindig het.

Stefan ontmoet dan ook ’n jong meisie, Sonja (gespeel deur Nelda Janse van Rensburg), en die aantrekkingskrag tussen die twee is sterk.

Vind self uit hoe die storie eindig en besoek Ster Kinekor in die Secunda Mall.

Die Spook van Uiondale begin op 29 Augustus wys.

Skakel Ster Kinekor by 0861 668 437 en hou die Echo volgende week dop vir inligting oor die films wat wys, en iets wat in die pyplyn is om te wen!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version