Riool vloei in Vaalrivier in

Riool stroom na bewering reeds maande in die Vaalrivier in.

Riool stroom na bewering reeds maande by Johannstraat in Meyerville in die Vaalrivier in.

Inwoners het die Standerton Advertiser onlangs in kennis gestel.

Volgens ‘n inwoner word niks gedoen nie as hulle die Lekwa Munisipaliteit bel nie.

“Hulle kom kyk nie eens nie,” het hy gesê.

Volgens hom veroorsaak die hoofrioolpyp in Meyerville wat na die pompstasie in dieselfde straat toe loop, die probleem.

Sy vrou het gesê dat dit glad nie higiënies is nie, want jy ruik riool die hele dag.

Die Standerton Advertiser het die wyk se raadslid, mnr. Louis Jansen van Rensburg, geskakel.

Mnr. Jansen van Rensburg het die munisipaliteit verwittig en die saak by die oproepsentrum aangemeld.

Hy het gesê dat hulle beloof het om aandag aan die probleem te gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version