Issie maak ’n verskil in kinders se lewens

Issie Dippenaar is vandeesweek die fokus van Elmarie Cilliers se reeks onderhoude met bekende Ermeloërs.

Issie Dippenaar is vandeesweek die fokus van Elmarie Cilliers se reeks onderhoude met bekende Ermeloërs.

Issie verbonde aan die  Christelike maatskaplike raad (CMR) is die bestuurder en dryfkrag agter die  kinderhuis in Ermelo, sy word ook onthou vir al die jare wat sy saam met haar man in die bedienning was en verlede maand is sy deur Rotary International vereer vir haar werk by die kinderhuis deur haar ’n Paul Harris Fellow te maak.

Die CMR het gesien dat daar ’n behoefte is om kinders in ’n plek van veiligheid te huisves.

Issie vertel van die beginjare, haar gesprek met mnr. Malcolm Wishardt, ’n bekende Ermelo sakeman wat die CMR se eerste huis gekoop het.

In Augustus 2008 open hulle hul eerste huis, nog ’n bekende sakeman, mnr. Koos Oosthuizen wou ook ’n bydra maak en koop so ’n tweede huis.

Na ’n groot geskarrel om die huis gemeubileerd te kry open sy deure in Januarie 2009.

Verlede jaar het die CMR hul derde, ’n baba- eenheid geopen.

Sy praat met groot lof van die huis ouers  wat 24 uur ’n dag aan diens is  en hul lewe wy aan die kinders in hulle sorg.

Die kinders gaan almal skool en neem deel aan buitemuurse aktiviteite alles word deur die kinderhuis betaal, op ’n vraag oor wat sou gebeur as daar een maand nie genoeg geld is nie antwoord Issie met trots dat nog nie een kind ’n aand honger moes gaan slaap nie.

Die kinderhuis ontvang ’n subsidiëring van die staat , maar steeds is hulle afhanklik en dankbaar vir die gemeenskap se onbaatsugtigheid.

Of daar nood is vir doeke of herstelwerk wat dringed gedoen moet word, het die gemeenskap en kerke nog altyd saam handegevat en hulle bygestaan.

Sy vertel ook van ’n jong talentvolle seun wat nou in gr.12 is en dat hulle dringend hulp benodig om hom volgende jaar die grootmens-wêreld in te stuur.

Enige persoon wat graag ’n bydra wil maak  kan gerus vir Issie skakel by 076 305 8026.

Skenkings aan die kinderhuis kan gemaak word aan CMR Child and Youth Care Centre, Standard bank Ermelo, rekening nommer 086 463 128, takkode 052 844.

Die volledige onderhoud sal binnekort te sien wees op youtube.

Om dié onderhoud en ander met bekende Ermeloërs te sien, volg die skakels op Elmarie se webblad www.minischnauzers.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version