Local newsNewsSchools

Laerskool Secunda se hoof tree af

Hoof sê vaarwel aan skool, maar nie aan Secunda nie.

SECUNDA – Laerskool Secunda groet mnr. Neels van Niekerk, hoof van dié skool, na 25 jaar.

As ’n hoof vir so lank by ’n skool is, raak sy naam deel van die skool se naam.

Mnr. Van Niekerk se laaste dag by die skool sal op 29 Augustus wees en Laerskool Secunda sal hom as ’n volwaardige leier salueer.

Laerskool Secunda het onder leiding van mnr. Van Niekerk groot hoogtes op alle gebiede bereik.

As die oudste skool op Secunda is daar baanbrekerwerk vir onderwys onder sy bekwame leiding gedoen.

Mnr. Van Niekerk se mikpunt is altyd die ontwikkeling van die kind in totaliteit.

“Akademie, sport, kultuur en sosiale gebiede word ten volle deur ons hoof ondersteun en ontwikkel,” het die personeel van dié skool gesê.

Sy kollegas het hom as ’n bok vir sports beskryf.

“Hy is al onder water gedompel, menigmaal op kaskarre rondgestoot en het selfs al voor ’n revuegehoor gedans,” het ’n personeellid gesê.

Leerlinge, ouers en personeel weet dat mnr. Van Niekerk ’n oop-deur-beleid volg en dat hulle altyd objektiewe raad sal ontvang.

Hy het besluit om op die ouderdom van 65 en na 25 jaar af te tree.

Mnr. en me. Joey van Niekerk groet egter nie Secunda nie.

Die personeel het hom en sy familie ’n geseënde aftrede toegewens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button