Skool nooi vroue

Portugal, Nederland, Frankryk en Duitsland se kultuur gaan uitgebeeld word.

SECUNDA – Die sanger Elvis Blue tree Saterdag, 23 Augustus by Laerskool Goedehop en Lynco se vroue-oggend op.

Dié oggend word spesiaal vir die vroue in die gemeenskap gereël en vind in die Kruik Ouditorium plaas.

Dit begin om 9vm en kaartjies kos R120 per persoon en sluit vermaak, eetgoed en geskenkbewyse in.

Die tema vir die oggend is Terug na jou Wortels.

Suid-Afrika se kultuur kom van vier verskillende lande af, naamlik Portugal, Nederland, Frankryk en Duitsland.

Dié vier lande se kultuur gaan ook by die vroue-oggend uitgebeeld word en daar gaan gelukkige trekkings ter waarde van meer as R20 000 wees.

Kaartjies is by Laerskool Goedehoop of Kruik Caffé beskikbaar.

Skakel die skool by 017 631 3909 of Kruik Caffé by 017 634 7833.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version