Roepersfontein bedien op Secunda

Besoek Roepersfontein Bedieninge op Secunda.

SECUNDA – Roepersfontein Bedieninge het op 17 Julie hul derde bestaansjaar gevier.

Dié kerk is ’n charismatiese Pinksterkerk en die persoon is vir die leraar, past. Ansie Koekemoer, belangrik.

Die gemeente se begeerte is om die beeld van God in die gemeenskap te herstel en hul visie is om elke lidmaat te laat groei tot die volwasse persoon in Jesus Christus.

“Ons rus mense toe om uit te gaan en om ook ander mense te bereik.

“Ons is lief vir God en Sy mense,” het past. Koekemoer gesê.

Gebed, bidure, lofprysing en die vrye vloei van die Heilige Gees is vir past. Koekemoer belangrik.

Roepersfontein Bedieninge huur die Sewende Dag se Adventiste Kerkgebou in Corneliastraat op Secunda.

Hul dienste is Sondae om 9vm en hulle bied ook kinderkerk aan.

Die gemeentebidure is op Dinsdae om 7nm, die vrouebidure op Woensdae om 10vm, die Bybelskool op Donderdae om 6.30nm en intersessie is op Saterdae om 7nm.

“As jy God in Sy volheid wil ervaar, is jy meer as welkom by ons,” het past. Koekemoer gesê.

Vir meer inligting, skakel haar by 017 634 6040 of 072 125 7076.-

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version