Local newsNews

Kom geniet vroue-oggend

Geniet vroue-oggend en luister na Elvis Blue.

SECUNDA – Laerskool Goedehoop en Lynco bied op Saterdag, 23 Augustus ’n vroue-oggend aan en die Idols-wenner, Elvis Blue, is die gaskunstenaar.

Die vroue-oggend begin om 9vm en die tema is, “Terug na jou Wortels.”

Dit vind in Kruik Teater plaas.

Altesaam vier lande wat deel uitgemaak het van die burgers wat hulle in Suid-Afrika kom vestig het, gaan gebruik word om die tema uit te beeld.

Dié lande sluit in Portugal, Nederland, Frankryk en Duitsland.

Tradisionele sop, broodjies en ’n nagereg van elke land gaan bedien word.

Me. Marietha Cole gaan die opening en motivering doen.

Kaartjies kos R120 per persoon en sluit ’n geskenk, die oggend se vermaak en verversings, asook gelukkige trekkings van meer as R20 000 in.

Om jou kaartjie te bespreek, skakel Kruik Caffé by 017 634 7833 of Laerskool Goedehoop by 017 631 3909.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button