Local newsNews

Jonk en oud kuier gesellig saam

Helpende Hand het hul Tuisgenootprojek op Bethal geloods.

BETHAL – Helpende Hand se Bethal-tak het op 14 Augustus hul nuwe projek, Tuisgenoot, geloods.

Tien behoeftige bejaardes is vir die projek gekies en hulle het die geleentheid gekry om by uit te gaan eet.

Die bejaardes het ’n bord gekookte kos en ’n warm nagereg gekry en jonk en oud het gesellig saam gekuier en mekaar leer ken.

Mnr. Riaan du Plooy, adjunk uitvoerendehoof van Helpende Hand, het met Spreuke 3 geopen uit sy Bybel wat hy in die oorlog gekry het.

Volgens hom dui grys hare net wysheid aan en hy het ook gesê dat dit vir hom lekker was om saam met die bejaardes te kuier.

“Dis te danke aan die bejaardes dat die wêreld is soos dit vandag is, ten spyte van al die negatiewe dinge,” het hy gesê.

Die bejaardes het elkeen ’n geskenksakkie ontvang.

Helpende Hand kom uit die Bybel en die doel is om behoeftiges te bevorder.

Hulle glo in armoedeverligting, voorkoming en verbreking en al hul projekte poog om ten minste een van hierdie drie te doen.

Helpende Hand se takke het ’n groot invloed op hul gemeenskappe en die takke bestaan uit vrywilligers en fokus daarop om omgeegemeenskappe te vestig en uit te bou.

Om te help om hoop te skep, kan die publiek hul naam en dorp sms na 34388 en Helpende Hand sal hulle terugskakel.

Vir meer inligting, skakel me. De Lange by 082 923 1438 of me. Sanette Henning, voorsitter van die Bethaltak, by 082 300 4835.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button