NewsSchools

Onderwysers bemagtig hulself

Oosterland se bestuur wil die beste bied aan leerlinge.

SECUNDA – Me. Elzette Botes, hoof van Hoërskool Oosterland, en haar bestuurspan wat uit me. Estelle van Eeden (departementshoof), mnr. Pieter Lewis (adjunkhoof) en mnr. Hannes Gertzen (adjunkhoof) bestaan, het onlangs ’n SAOU-(waarvoor staan dit?)werkswinkel by die Noord-Wes Universiteit op Potchefstroom bygewoon.

“Oosterland is ’n waardegedrewe skool wat graag in hul onderwysers en bestuurspan belê,” het me. Jackie van Zyl, skakelbeampte van Hoërskool Oosterland, gesê.

Sake soos finansiële bestuur, menslike hulpbronnebestuur, kirrukulêre bestuur en uitvoerende bestuur is tydens die werkswinkel behandel.

“Ons is dankbaar dat die beheerliggaam ons die geleentheid gegee het om bestuur te ontwikkel,” het mnr. Gertzen gesê.

“Daar was insiggewende opleiding deur van die beste skole in die land, soos Afrikaans Hoër, Dr Swanepoel van Hoërskool Nelspruit en mnr. Jaco Deacon van Fedsas.”

Die volgende opleidingsessie is in Kaapstad en Oosterland se personeel gaan ook dié sessie bywoon.

“Met die strategiese sessies, die implementering daarvan en die SAOU-opleiding word Oosterland toegerus om voor te loop in leerlinge se opleiding in akademie,” het me. Van Zyl gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button