Local newsNews

Skenk bloed

Red lewens tydens Vouemaand.

SECUNDA – Die Teksa-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) bied vir Augustus vir Vrouemaand spesiale bloedskenkpromosies aan.

Die takke op Secunda en Kriel sal op 6 Augustus vanaf 9vm tot 6nm oop wees en die tak op Sasol vanaf 8vm tot 4nm.

Die takke op Standerton en Bethal is op 7 Augustus vanaf 10vm tot 6nm oop en die takke op Secunda en Standerton vanaf 8vm tot 1nm op 9 Augustus oop.

Me. Dot Prinsloo, skakelbeampte van Teksa Bloeddiens, het inwoners gevra om vir Augustus hul moue op te rol en ’n verskil te gaan maak deur bloed te skenk.

Die SANBS bewys hul toewyding aan die gemeenskap om te verseker dat daar altyd veilige en genoeg bloed vir pasiënte in nood beskikbaar is.

“Ernstige bloeding kan ’n gesonde vrou binne twee ure doodmaak indien sy nie behandeling ontvang nie,” het me. Prinsloo gesê.

“44 persent van moederlike sterftes word deur ernstige bloeding veroorsaak.

“Tot ’n kwart van moederlike sterftes sou verhoed kon word indien daar veilige bloed beskikbaar was.

“In Suid-Afrika word 26 persent van die bloedvoorraad tydens geboorte- en ginekologiese gevalle gebruik.

“Ernstige bloeding tydens geboorte vereis ’n aantal oortappings om die moeder en die baba se lewens te red.”

Vir meer inligting, skakel me. Prinsloo by 017 631-1652 of besoek die Secunda-tak in Horwoodstraat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button