Standerton elektrisiteit sporadies

Van bakboord na stuurboord, maar steeds is daar geen antwoord

Inwoners gaan onder sporadiese elektrisiteitsvoorsiening gebuk.

‘n Verbruiker wat in Azalea woon, het die Standerton Advertiser oor Wolmaransstraat se se kragvoorsiening geskakel.

Volgens haar is die krag van 10 Julie af gewees en het eers op 11 Julie weer aangekom.

Haar navrae by die Lekwa Munisipaliteit het haar niks in die sak gebring nie.w

‘n Munisipale amptenaar het na bewering gesê dat inwoners in Azalea te veel krag gebruik.

Sy is van bakboord na stuurboord gestuur met verduidelikings dat beurtkrag toegepas word, die substasie gebrand het en dat ‘n onderdeel eindelik gekry is.

Na ondersoek is bevind dat Uitbreiding 6 en Uitbreiding 7 in Sakhile se krag omstreeks 6nm daagliks afgaan, dat die Simendeni-gebied in Stanwest ook omstreeks dieselfde tyd nie elektrisiteit het nie.

Inwoners is ook onseker wanneer die toevoer herstel gaan word.

Uitbreiding 3 en Uitbreiding 9 in Rooikoppen ondervind dieselfde probleem, maar die sakegebied by Thokoza Lounge, wat gesluit is, het wel krag.

Volgens ‘n inwoner maak geen van die ondernemings van kragopwekkers gebruik nie.

Mnr. Sipho Mkwanazi, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, het gesê dat die kragonderbreking weens oorlading geskied.

Die munisipaliteit, in samewerking met Eskom, versprei inligtingspamflette aan verbruikers om elektrisiteit verantwoordelik te gebruik.

Mnr. Mkwanazi het ook gesê dat daar ‘n verbetering sedert verlede Vrydag was.

Die gemeenskap word gevra om geisers in spitstyd tussen 5nm en 9nm af te skakel, sowel as ligte in kamers wat nie gebruik word nie, en indien moontlik een staaf van elektriese verwarmers te gebruik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version