Verkeersbeamptes stel geen voorbeeld

Vroue wat boetes gekry het, moet webtuiste besoek.

Ek skryf dié brief na aanleiding van die artikels in die vorige twee weke se Ridge Times oor die twee vroue wat boetes gekry het en in 2099 in die hof moet verskyn.

Ek raai hulle aan om dié webtuiste te soek en die dokumente daar te gaan deurlees: https://carinsurance.arrivealive.co.za/howlong-does-the-traffic-office-have-to-issue-a-summons-before-a-traffic-ticket-becomes-invalid.php.

Ek is nie ’n voorstaander van die verbreking van verkeersreëls nie, maar ek is ’n voorstaander daarvan dat die verkeersbeamptes behoorlik opgelei moet wees en hul werk professioneel kan doen.

Ongelukkig het ons nie sulke beamptes nie.

Hulle is absoluut geen voorbeeld vir enige ander motoris nie, gebruik nie hul veiligheidsgordels nie en wanneer hulle honger word, sit hulle die blou ligte aan om vinnig by die naaste KFC te kom en dan is hulle ook van die swakste bestuurders.

Ek dink die meerderheid van ons gebied se motriste sal met my saamstem.

Skaapduwweltjie van Niekerk, Evander.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version