Reinhardt berei voor vir opheffingsprojek

Reinhardt het die fynere kuns van kralewerk en juwelemaak geleer en hoop om die gemeenskap van Lady Grey daardeur te bemagtig.

Reinhardt Fick (20), oorspronklik van Musina, het verlede week opleiding by me. Jeanne Vermeulen van The Secret Place/Beads Galore ontvang as voorbereiding vir opheffingswerk wat hy in die Oos-Kaap gaan doen.
Reinhardt het die fynere kuns van kralewerk en juwelemaak geleer en hoop om die gemeenskap van Lady Grey daardeur te bemagtig.
Volgens Reinhardt, het hy kralewerk as sy projek gekies omdat krale bekostigbaar is en maklik om mee te werk.
Hy hoop om die gemeenskap ’n kans te gun om ’n inkomste te verdien deur hul kralewerk te bemark en verkoop.
Volgens me. Vermeulen, het Reinhardt die tegnieke gou onder die knie gekry en glo sy dat hy sy kennis suksesvol met die gemeenskap van Lady Grey sal kan deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version