Local newsNews

Kerk hou 25st Jeugweek

Kinders geniet Jeugweek by die N.G. Kerk Eendracht-gemeente.

IMG_4787 (Copy) IMG_4786 (Copy) IMG_4785 (Copy) IMG_4784 (Copy) IMG_4783 (Copy) IMG_4782 (Copy) IMG_4781 (Copy) IMG_4780 (Copy) IMG_4779 (Copy) IMG_4778 (Copy) IMG_4777 (Copy) IMG_4776 (Copy) IMG_4775 (Copy) IMG_4774 (Copy) IMG_4773 (Copy) IMG_4772 (Copy) IMG_4771 (Copy) IMG_4770 (Copy) IMG_4769 (Copy) IMG_4768 (Copy) IMG_4767 (Copy) IMG_4766 (Copy) IMG_4765 (Copy) IMG_4764 (Copy) IMG_4763 (Copy) IMG_4762 (Copy) IMG_4761 (Copy) IMG_4760 (Copy) IMG_4759 (Copy)EENDRACHT – Die N.G. Kerk Eendracht-gemeente het vanjaar hul 25ste Jeugweek aangebied.

Dit is sedert 1989 ’n jaarlikse instelling by dié kerk en bykans 100 kinders het dit vanjaar bygewoon.

Die kerk het sowat 50 dooplidmate en enigiemand is welkom om volgende jaar hul Jeugweek by te woon.

Kinders het in die laaste week van die skoolvakansie onder andere speletjies gespeel wat vlugbal en netbal insluit en Bybelstudie gedoen.

Elke oggend is begin met lofprysing en kinders het dan ook iets kunstigs gemaak.

Seuns het geleer hoe om ’n sweep te maak en met ’n sweep te slaan, terwyl die dogters ander kunswerke gemaak het.

Studente van die universiteite op Potchefstroom en in Pretoria het ds. Samuel Louw vir die week gehelp en aktiwiteite vir die kinders aangebied.

Vir die kleiner kinders het die studente en lidmate van die kerk wat gehelp het, ’n poppekas aangebied en hulle het ook met klei gespeel.

“Die idee van die Jeugweek is om kinders by die Here te laat uitkom,” het me. Elize Smit, een van die organiseerders, gesê.

Van die ma’s wat in die week gehelp het, was self as kinders by die Jeugweek.

Me. Smit het die ondernemings wat gehelp het om die Jeugweek moontlik te maak, vir hul borgskappe bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button