Jayden verloor stryd teen kanker

Jayden is verlede Donderdag omstreeks 15:15 in sy ouerhuis oorlede. Die gesin het op 30 Junie van Ermelo na Benoni verhuis.

Jayden Crouwcamp (8) het sy moedige stryd teen kanker verloor.
Die Hoëvelder het die eerste keer in April vanjaar oor dié siek seuntjie berig.
Jayden is verlede Donderdag omstreeks 15:15 in sy ouerhuis oorlede. Die gesin het op 30 Junie van Ermelo na Benoni verhuis.
Jayden wat in September 2010 met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer is se senuweestelsel is ’n jaar later aangetas en verlede jaar het dokters hulle ingelig dat hy terminaal siek is.
Hy word oorleef deur sy ouers, Billy en Elsie, en broer, Xavier, wat altyd op sy genesing bly hoop het.
’n Dankdiens vir Jayden se lewe is Dinsdag by die Volle Evangelie Kerk in Benoni gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version