Plakkers brand glo twee gebou af

Dit wil voorkom dat dit 'n gevolg is van onwettige vure wat op die dorp 'n probleem raak.

Daar word nie meer in die munisipale swembad geswem nie, maar geslaap.

Die swembad is byna leeg maar met maklike toegang hou dit ‘n gevaar vir kinders in.

Volgens ‘n inwoner op die dorp het die mense wat glo daar bly eers in ‘n huis, wat leeg was, oorkant die straat van die swembad, gebly.

Die huis het vroeër vanjaar afgebrand en hulle is toe na die ou restaurant in die Rivierpark, wat nou ook afgebrand het.

Die plakkers was vermoedelik vir albei brande verantwoordelik.

Dit wil voorkom dat dit ‘n gevolg is van onwettige vure wat op die dorp ‘n probleem raak.

Toe die Standerton Advertiser die swembad op 15 Julie besoek het, is beddegoed en klere by die swembad gekry.

Daar is ook opgemerk dat die swembad se pomphuisdeur oopgebreek is en die pomp nie meer daar is nie. Die pomp is klaarblyklik vir herstelwerk weggestuur.

Die restaurant by die park is ook besoek en al wat staan, is die mure.

Die huis oorkant die swembad lyk soos die restaurant, net mure wat staan.

‘n Bord van ‘n plaaslike eiendomsagent voor die huis dui aan dat die huis verkoop is.

Die agent was nie bewus daarvan dat die huis afgebrand het nie.

Hulle het gesê toe hulle die huis verkoop het, was dit nog reg, maar wat daarna gebeur het, weet hulle nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version