Local newsNews

Trudie praat oor koeke

Vroue leer hoe om koeke vir mans te versier by suikergilde.

SECUNDA – Die Morning Glory-tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde het Woensdag, 9 Julie vergader en me. Trudie Whittaker het vroue wenke gegee oor watter soort koeke hulle vir mans kan bak.

Volgens lede van dié tak is dit soms moeilik om koeke vir mans te bak omdat hulle nie altyd soos vroue van blomme hou nie.

Me. Whittaker het gewys hoe vroue ’n koek wat uit ’n horlosie en pet bestaan, kan bak.

Sy het ook gewys hoe hulle ’n koek met ’n sokkerspeler op kan bak.

Sy het gesê vellieskoene op ’n koek is ook ’n oulike idee vir ’n man.

Morning Glory vergader weer op 13 Augustus om 9.30vm in Davieshof se saal en alle belangstellendes is welkom.

Vir meer inligting, skakel me. Judy Wessels by 083 739 8812.

Related Articles

Back to top button