Raymond wil deur Israel stap

Raymond berei voor vir Israel-toer te voet.

SECUNDA – Mnr. Raymond van Tonder (59) het al 11 Comrades-wedlope agter die rug en volgende op sy agenda is om die Jesus-roete in Israel te gaan stap.

“Ek wil eendag as ek aftree in Israel gaan uitreikwerk doen en ook die Bybel beter verstaan,” het mnr. Van Tonder gesê as een van die redes wat hom laat besluit het om dié staptog na Israel toe te reël.

Die staptoer deur Israel sal 26 dae duur en mnr. Van Tonder neem ’n handjievol mense saam op dié toer.

Hoewel hy eintlik eerder draf, het hy al verskeie staptogte aangepak wat die Visrivier, Naukluft en die Hel insluit.

“’n Mens ontmoet soveel oulike en interessante mense as jy stap,” het mnr. Van Tonder gesê.

Hy het eers in sy 40s begin draf en oefen nou daagliks.

Hy is ’n lid van die Sasol Marathonklub.

As hy nie draf nie, oefen hy in die gimnasium.

Mnr. Van Tonder werk as koördineerder en woon al vir 15 jaar op Evander.

Hy het op Rustenburg grootgeword en is toe polisie toe vir bykans drie jaar, daarna is hy Namibië toe en is toe na Carltonville voordat hy na Secunda verhuis het.

Hy het toe vir 18 jaar op Secunda gewoon voordat hy na Evander verhuis het.

Hy is al vir 36 jaar met me. Rika van Tonder getroud en die egpaar het drie seuns en vier kleindogters.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version