Jaunita wil lewens red

Om lewens te red is Jaunita se passie.

BETHAL – Me. Jaunita Smith se droom was om lewens te red en nou leef sy haar droom uit.

Sy het op 1 Junie 2006 by die bloedbank aangesluit en werk nou al agt jaar daar.

Volgens me. Smith, wat al agt jaar met mnr. Dirk Smith getroud is, is die bloedbank byna soos ’n storieboek waar die helde die skenkers is.

“Die bloedbank is geheel en al van die skenkers afhanklik.”

In haar vrye tyd hou sy daarvan om tyd saam met haar plaasdiere te bestee en sy lees graag.

Iets wat die publiek nie van haar weet nie, is dat sy vir olifante bang is.

Haar lewensmotto is: “Ek is ’n koningskind,” het sy gesê.

Me. Smith kry haar inspirasie van haar ouma, me. Pieta Hensley, omdat sy die liefde vanself is.

“My toekomsplanne vir die bloedbank is om die skenkers belangrik te laat voel en meer lewens te red,” het sy gesê.

Volgens haar sal sy graag eendag wil kinders hê en mense meer oor God inlig.

Me. Smith het die Bethalskenkers vir hul ondersteuning bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version