Local newsNews

Brandweerman red bejaarde

Woning vir ’n gesin van vyf brand af en bejaarde word gered.

BETHAL – ’n Brandweerman wat van diens af was, was vinnig op die toneel toe die Saffas-gebou se boonste woonstelle op 28 Mei afgebrand het en verhoed het dat mnr. Johan Joubert en sy kat dalk doodgebrand het.

“Ek was in die kantoor en het op die landlyn gepraat toe ek sien dat my pa my geskakel het, maar ek kon nie dadelik antwoord het nie.

“Ek het die volgende oomblik glas hoor breek,” het me. Janine Bosman, werknemer by Doves en dogter van mnr. Joubert, gesê.

Sy het na die woonstel gehardloop, maar kon nie ingaan nie weens die rook.

“Ek het tot voor in die pad gehardloop en om hulp geskree en toe mnr. Hennie Olivier van die brandweerstasie gesien,” het sy gesê.

Volgens me. Bosman het mnr. Olivier reeds haar pa en die kat gered.

“Daar was ook ’n voëltjie in die gebou, ek kon dit hoor, maar kon nie daarin slaag om dit te red nie,” het mnr. Olivier gesê.

Mnr. Joubert en die kat het ongedeerd daarvan afgekom.

Die oorsaak van die brand was teen druktyd nog nie bekend nie.

“Mense het binne 24 uur hulp aangebied en teen Donderdagaand was ons in ons nuwe huis en teen Vrydagaand het ons alles wat ons nodig gehad het, van kos tot meubels, ontvang,” het me. Bosman gesê.

“Baie dankie aan ons Hemelse Vader wat mnr. Olivier op die regte tyd gestuur het en dat Hy my pa se lewe gespaar het en vir Sy onbeskryflike liefde en voorsiening.”

Die gesin het Bethal-behoeftiges, al die ondernemings, vriende en familie vir hul hulp en ondersteuning bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button