CrimeNews

Vinnige optrede stuit ses diewe

Die verdagtes het kort ná 18.00 te voet opgedaag en is deur ’n hekwag tot die perseel toegelaat.

Wakker optrede deur reaksiemaglede van Acsu het gesorg dat ses verdagtes Vrydagaand in hegtenis geneem is nadat ’n vragmotor gelaai met duisende rande se voorraad voorgekeer is.
Die vragmotor en voorraad ter waarde van ongeveer R400 000 is die eiendom van ’n bekende groothandelaar in Chris de Villiersstraat.
Die reaksiemaglede, Jan-Hendrik Scholtz, Johannes Ngwenya en Bashin Nkosi, het gereageer op inligting wat ontvang is en het die verdagtes naby die perseel van die groothandelaar voorgelê.
Die verdagtes het kort ná 18.00 te voet opgedaag en is deur ’n hekwag tot die perseel toegelaat.
Etlike minute later het ’n vragmotor, na bewering met die gereelde bestuurder en werknemer van die onderneming, die perseel verlaat.
Acsu-lede het die vragmotor agtervolg en op die hoek van Chris de Villiers en Merinostraat voorgekeer.
Vier verdagtes was voor in die kajuit en nog twee het agter in die vragruim geskuil. Een van die verdagtes het daarin geslaag om weg te hardloop.
Sektor 3 van die Ermelo-buurtwag het ook bystand verleen.
Die polisie is ontbied en die vragmotor is na die onderneming se perseel teruggeneem.
Al die verdagtes, insluitend die hekwag, is aan die polisie oorhandig. Hulle is almal egter weer oor die naweek vrygelaat, maar weer Maandagoggend in hegtenis geneem.
Die verdagtes het Maandag in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button