Local newsMunicipalNews

Gebarste hoofpyp skep weer Waterprobleem

Derduisende megaliters gesuiwerde water het by ’n groot gat wat in die sagte grond weggekalwe is, uitgestroom en in die oop veld weggevloei.

Groot dele van Ermelo is weer etlike dae lank sonder lopende water gelaat nadat ’n hooftoevoerpyp tussen die noordelike reservoirs en Noordstraat vir die tweede keer in minder as ’n week gebars het.
Die Hoëvelder het navraag gedoen by die Msukaligwa Munisipaliteit en is Maandagoggend deur munisipale amptenare na die plek waar die pyp gebars het, vergesel.
Derduisende megaliters gesuiwerde water het by ’n groot gat wat in die sagte grond weggekalwe is, uitgestroom en in die oop veld weggevloei.
Die omvang van die skade en waterverlies is tuisgebring toe ’n ondergrondse dreuning duidelik hoorbaar en ’n trilling in die grond voelbaar was.
Tegnici van die munisipaliteit se ingenieursafdeling het die pyp teen Dinsdagmiddag herstel. Dit het egter veroorsaak dat bykans die helfte van die dorp se inwoners ’n sesde dag met droë krane moes trotseer.
Volgens die munisipale woordvoerder, mnr. Mandla Zwane, moes die reservoirs leeggetap word alvorens daar aan die toevoerpyp gewerk kon word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button