Afriforum skryf waterprobleme aan lading toe

AfriForum gaan die volgende begroting fyn ontleed en voorstelle by die munisipaliteit indien

Ná aanleiding van verskeie klagtes wat inwoners by die burgerregte-organisasie Afriforum aangemeld het, is watervoorsieningsprobleme in Ermelo ondersoek.
Volgens die provinsiale koördineerder Mpumalanga, mnr. Ruan Lottering, is die oorsaak ’n te groot lading op die bestaande waterinfrastruktuur.
“Ermelo het die laaste paar jare geweldig uitgebrei, maar die wateinfrastruktuur is nie opgegradeer of uitgebrei nie.”
Mnr. Lottering sê dit hou dit negatiewe gevolge in vir ontwikkelaars én inwoners, omdat die probleem net sal vererger en die Msukaligwa Munisipaliteit nie genoeg water aan inwoners sal kan voorsien nie.
“In die lang termyn sal dit ook ontwikkeling en werkskepping negatief raak. Die munisipaliteit sal moet belê in infrastruktuurontwikkeling om te verseker dat Ermelo aanhou ontwikkel,” het hy gesê.
AfriForum gaan die volgende begroting fyn ontleed en voorstelle by die munisipaliteit indien, sodat geld vir dié doel bewillig kan word.
“Al wat AfriForum benodig, is die ondersteuning van die gemeenskap,” het mnr. Lottering afgesluit.
SMS jou dorp se naam na 45350 om by AfriForum aan te sluit (R1/SMS).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version