Kleuter verdrink in swembad

Giovanni se ouer broer, JJ (8), het ingekom en gesê hy soek na sy boetie.

’n Kleuter van Ermelo, Giovanni Broodryk (3) het Saterdag middag omstreeks 14:00 verdrink toe hy in ’n swembad by ’n huis in Fouriestraat beland het.
Die swembad is omhein en dit is op dié tydstip nie bekend hoe die seuntjie toegang tot die swembad verkry het nie.
Volgens polisiewoordvoerder
op Ermelo, kapt. Carla Prinsloo, was Giovanni se ma, Yolandi,
op die perseel van ’n nuwe kleuterskool waar sy onderwyseres is, binne die huis besig met opknappings terwyl
die kinders buite gespeel het.
Giovanni se ouer broer, JJ (8), het ingekom en gesê hy soek na sy boetie.
Hulle het dadelik na Giovanni begin soek en sy liggaam in die swembad gekry waar hy op die water gedryf het.
Yolandi het noodbehandeling toegepas voordat hy hospitaal toe gehaas is waar daar gepoog is om hom by te bring.
Hy is egter kort daarna dood verklaar.
“’n Geregtelik ondersoek na die kleuter se dood word as standaard prosedure geloods,” het kapt. Prinsloo gesê.
’n Roudiens vir Giovanni vind môre (Vrydag) om 11:00 in die Hervormde Kerk Ermelo-Suid plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version