Errie seuns- en dogtershokkiespanne het verlede Vrydag en Saterdag aan eindstryde in die Tuksreeks op Tuks se sportterrein deelgeneem.
Die eerste dogterspan het Vrydag ’n goue medalje verower deur Hoërskool Monument met 2 – 1 te klop en die 0/15A-dogters het met ’n bronsmedalje weggestap nadat hulle 3 – 0 met Hoërskool Kemptonpark afgereken het.
Die 0/14A’s het 9 – 0 teen Hoërskool Klerksdorp gewen, terwyl die 0/16A-span gelykop teen Hoërskool Eldoraigne gespeel het met een doel elk.
Die 0/14A-seunspan het Saterdag gelykop gespeel teen Hoërskool Transvalia met drie doele elk en die 0/16A’s het hul wedstryd teen Pietersburg met 1-0 beklink.
Die eerste span het hul stryd teen Pietersburg 2 – 5 verloor.
Verskeie Errie-seuns is verlede Vrydag ná finale Mplumalanga-proewe by Uplands in Nelspruit vir provinsiale spanne gekies.
Werner Young, Dewald de Villiers, Vandré Swart en Tylor Oosthuizen is vir die 0/14A-span gekies, laasgenoemde twee as reisende reserwes.
Mark Gardiner en William Gardiner is in die 0/16A-span opgeneem, terwy SJ Landman vir die 0/16B-span gekies is.
Siyabonga Nkosi sal saam met die
0/18’s uitdraf.
Errie-eerstes wen goud
Erries wen Tuksreeks
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.