Local newsNews

Skenk bloed, skenk lewe

Ondersteun SANBS en gee van jou tyd en bloed.

SECUNDA – Die plaaslike tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ’n beroep op die publiek gedoen om bloed te skenk.

“Die behoefte aan bloed neem nie af oor langnaweke nie,” het me. Dot Prinsloo, skakelbeampte van Teksa Bloeddiens, gesê.

“Sommige werknemers was gelukkig om ’n welverdiende ruskans in April te geniet tydens die baie vakansiedae.

“Dit was egter ongelukkig ook ’n tyd wanneer bloedinsamelings vir Teksa Bloeddiens afgeneem het.

“Dit is dikwels moeilik om genoeg bloedvoorrade op te bou tydens vakansies en langnaweke.

“Die behoefte aan bloed oorskry dan dikwels die skenkings.

“Ons probeer bloed aan ons eie gemeenskap voorsien.”

Teksa Bloeddiens bied in Mei verskeie Moedersdagpromosies aan om te help om hul bloedvoorrade aan te vul.

* 8 Mei. 8vm tot 4nm by Sasol Bloeddiens.

* 9 Mei. 10vm tot 5nm by Standerton Bloeddiens.

* 9 Mei. 9vm tot 5nm by Secunda Bloeddiens.

* 9 Mei. 9vm tot 5nm by Kriel Bloeddiens.

* 9 Mei. 9vm tot 5nm by Bethal Bloeddiens.

* 9 Mei. 9vm tot 1nm by Megchem.

Bloed word vir hospitaalpasiënte wat teen kanker veg, pasiënte wat van motorongelukke herstel en pasiënte wat groot operasies ondergaan, gebruik.

“Daar is altyd iemand daar buite wat op daardie bloedproduk wat lewens red, wag,” het me. Prinsloo gesê.

Om ’n bloedskenker te wees, moet jy tussen 16 en 65 jaar oud wees, meer as 50kg weeg en ’n veilige en gesonde leefstyl lei. “Drink baie vloeistowwe en eet ’n gebalanseerde maaltyd voor skenking.”

Vir meer inligting, skakel Teksa Bloeddiens by 017 631 1652 of besoek die bloeddiens se webtuiste by www.sanbs.org.za of hul Facebookbladsy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button