Local newsMunicipalNews

2300 handtekeninge op petisie

Mnr. Rosier de Ville, mnr. Johannes van der Wath, me. Hester Grint en me. Elize Smith moes bykans 40 minute wag om die burgemeester te woord te staan.

Ms Caroline Morajane (Executive Mayor: Lekwa Municipality).
Me Caroline Morajane (Burgermeester: Lekwa Municipaliteit).

‘n Afvaardiging van die gemeenskap het op 23 April ‘n petisie oor die dorpspaaie aan die bugemeester, me. Caroline Morajane, oorhandig.

Altesaam 2 300 handtekeninge is ingesamel.

Mnr. Rosier de Ville, mnr. Johannes van der Wath, me. Hester Grint en me. Elize Smith moes bykans 40 minute wag om die burgemeester te woord te staan.

Mnr. Sipho Mkwanazi, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, het onomwonde die joernalis en fotograaf van die Standerton Advertiser weggejaag.

Die petisie, wat nie polities gemotiveerd is nie, dring aan dat alle slaggate herstel word en onderhoudswerk aan die paaie gedoen word.

Baie voertuie is reeds deur die gebrekkige infrastruktuur beskadig.

Die petisie sluit af met ‘n pleiddooi dat demokratiese regte en die groei van Standerton nie belemmer word nie.

Volgens me. Grint skaad die toestand van die paaie die beeld van motoriste wat vanaf stede na Standerton reis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button