Misdaad ’n probleem

Bethallers moet misdaad bekamp.

BETHAL – Die sektor polisiëring het op Donderdag, 24 Maart hul maandelikse vergadering gehad.

Bethal, veral Uitbreiding 3, het erg deurgeloop onder huisbrake, diefstalle vanuit voertuie en diefstalle van motorfietse en vierwielmotorfietse.

In die sentrale sakegebied word daar steeds waardevolle items in voertuie gelaat wat vanuit die voertuie gesteel word sodra dit alleen gelaat word deur die eienaar waar dit geparkeer is.

Afstandbeheertoestelle word steeds gebruik om die toesluit van die voertuig te onderbreek en skelms kry só toegang.

“Inwoners moet alles met betrekking tot hul voertuie en hul huise deeglik toesluit en stappe neem om diefstal te beperk.”

Die sektorpolisie vergader elke laaste Donderdag van die maand om 6nm in die N.G. Kerk Noord se kerksaal.

“Ons het elke inwoner se hulp nodig om suksesvol te wees. ”

Die volgende sektorpolisiëringvergadering vind op 28 Mei plaas.

“As almal saamwerk, kan ons saam met die polisie misdaad in ons gebied ’n nekslag toedien.”

Vir meer inligting, skakel mnr. Werner Herselman by 073 619 3294.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version