VLU-tak leer meer oor bome

VLU-tak leer meer oor bome.

BETHAL – Lede van die Bethal Vroue Landbou-unie het Dinsdag, 15 April hul maandelikse vergadering gehad waartydens hulle geleer het hoe om grond voor te berei en plantjies te verbreed.

Me. Theunette Ludicke van ’n kwekery het met die vroue gepraat.

“Dit is nou die regte tyd om stiggies te plant,” het sy gesê.

Die twee bome van die jaar, die witysterhoutboom en die laventelboom, is ook bespreek.

Die witysterhoutboom groei tot 30m hoog en as die blare gekneus word, ruik dit soos suurlemoene weens die hoë olie-inhoud in die blare.

Dié boom is ’n moet vir voëlliefhebbers omdat dit voëls en insekte lok.

Die laventelboom is 5 tot 7m hoog en is rypsensitief vir die eerste jaar, maar floreer daarna.

Bonsaikwekers beskou dié boom as een van hul gunsteling bome.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version