Goedehoop presteer

Spanne wen Super 12 interprovinsiale groepwedstryde.

SECUNDA – Laerskool Goedehoop het op 12 April aan die Super12 interprovinsiale groepwedstryde by Laerskool van Riebeeckpark op Kemptonpark deelgeneem en presteer.

Die ander skole wat in dieselfde groep as Goedehoop deelgeneem het, is Laerskool Van Riebeeckpark (Gauteng) en Laerskool Mooirivier (Noordwes).

Volgens Goedehoop se skakelbeampte, me. Juanita Fourie, het die rugbyspanne mooi rugby gespeel en goed gevaar.

Goedehoop se 0/9- en 0/10-rugbyspanne het die dag as wenners afgesluit, terwyl die 0/11-rugbyspan ’n derde plek behaal het en die 0/13A-rugbyspan ’n tweede plek.

“Die netbalspanne het tydens hul groepwedstryde netbal van ’n baie hoë standaard gespeel en het teen Laerskool Van Riebeeckpark asook Laerskool Mooirivier van Potchefstroom meegeding.

“Ons dogters het derde geëindig,” het me. Fourie gesê.

Die Super 12 halfeind- en eindrondes het op 15 April by die L.C. De Villiers Stadion in Pretoria plaasgevind en Goedehoop het hulle goed van hul taak gekwyt.

Die 0/9- en 0/10-rugbyspanne het silwermedaljes ingepalm.

Altesaam 12 skole vanuit vier provinsies het deelgeneem en die seuns en dogters het goed presteer.

Goedehoop het nie vir een van die ander provinsies se skole teruggestaan nie.

Goedehoop het hul netbaldogters en rugbyseuns geluk gewens en die afrigters vir hul opofferings en afrigting bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version