Leon en Jaco neem wenfoto’s

Klub nooi belangstellende fotograwe na byeenkomste.

SECUNDA – Dr. Leon Pelser was die seniorwenner by die Hoëveld Fotografieklub se vergadering Vrydag, 11 April by die Sasol Ontspanningsklub.

Sy foto Birth was die beste onder die senior fotograwe en mnr. Jaco Linde se foto Reflections was die beste onder die junior fotograwe.

Albei fotograwe het ook sertifikate van meriete vir hul foto’s gekry.

Die ander fotograwe wat presteer het en ook sertifikate van meriete gekry het, is mnr. Johan Coetzee in die natuurvoëlsafdeling met sy foto Tawny Eagle – Lift Off en me. Martilie Weideman in die landskapafdeling met haar foto Quiver Stars.

In die natuurafdeling het me. Weideman se foto Brunch Time, mnr. James Harris se foto Cape Cobra, mnr. Cobus Venter se foto Kort Herstelwerk en sy foto BEE Certified, goed gevaar.

In die pikturale afdeling het mnr. Hanno de Beer se foto Akkedis, dr. Pelser se foto Kitchen Duty en me. Lize Hill se foto Through Her Eyes goed gevaar.

In die fotojoernalistieke afdeling het mnr. Danie Smit se foto Raponzel en dr. Pelser se foto View at Mabhida Roof goed gevaar en in die voorgeskrewe onderwerpafdeling het die volgende fotograwe goed gedoen: mnr. Venter met sy foto Cyrus, dr. Pelser met sy foto Healing Hands, me. Weideman met haar foto Karnallie, mnr. De Beer met sy foto Kosmos Close-Up en mnr. Jeff Mostert met sy foto Chev.

Die Hoëveld Fotografieklub vergader maandeliks en reël ook uitstappies deur die loop van die maand.

Alle belangstellendes is welkom om by hulle aan te sluit.

Vir meer inligting, skakel mnr. James Harris by 082 903 1926.

Exit mobile version