Local newsNews

Deon Schnetler 1

Hy het sy ouer broer, Pierre Schnetler, in 2000 by die Cape Argus fietswedren met 20 minute geklop.

Deon Schnetler, ’n oud-inwoner van Standerton, onderskei homself op verskeie sportgebiede.

Hy woon by die Logwood Ranch, ’n inrigting vir breingestremdes op Muldersdrift, en besoek ons dorp gereeld om homself te vergewis van die jongste nuus en ook sy alma mater, Hoërskool Standerton, se tuisrugbywedstryde en Interhoër by te woon.

Deon het reed op skool in krieket presteer en het provinsiale kleure vir hokkie, het by die Spesiale Swemolimpiade bewys hy is soos ’n vis in die water, het Gauteng-kleure vir kegelbal en fietsry kan ook by die lys gevoeg word.

Hy het sy ouer broer, Pierre Schnetler, in 2000 by die Cape Argus fietswedren met 20 minute geklop.

Die kranige sportman is ’n gekwalifiseerde letterdrukmasjinis wat hom handig te pas in die familie-onderneming gekom het toe die destydse Advertiser deur die gesin bedryf is.

Volgens Pierre lees hy nog gereeld die Advertiser en bly ook op hoogte van nasionale nuus deur die oggendkoerant, sowel as Sondagkoerant te lees.

“Sy skoolloopbaan by Standerton Primary School is met ’n 100% bywoningsyfer afgesluit, waarvan die sertifikate in sy woonstel, bekend as die ‘Blue Bull Den’ getuig.”

Dié werksetiek leef hy op Muldersdrift uit.

Soos ’n ware Suid-Afrikaner, is hy ’n rugby-ondersteuner en ondersteun die Blou Bulle met geesdrif.

Hy is baie lief vir musiek en ken al die Afrikaanse sangers.

Deon het destyds in die Metodiste-koor gesing en ’n rol in die dorp se Passiespele, destyds deur wyle me. Lena van der Merwe afgerig, vertolk.

’n Hoogtepunt was die bywoning van die Bruce Springsteen konsert in Februarie by die FNB- stadion.

Deon, wanneer hy op die dorp is, mis nie ’n kerkdiens nie en in die woorde van Pierre “make a joyful noise unto the Lord” is hy ’n voorbeeld vir almal.

Hy is nie bitter nie, praat nie sleg oor sy medemens nie en die gemeenskap tree wonderlik teenoor hom op, aldus Pierre.

“’n Plesierbroer om te hê.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button