Local sportNewsSport

PANTHERS IN EINDSTRYD

Dié twee spanne kom op 22 Februarie weer teen mekaar te staan

Twee rugby-leaguewedstryde is verlede Saterdag by die AJ Swanepoel Stadion gespeel.

In die voorwedstryd, ’n vriendskaplike wedstryd tussen Ermelo Rugbyklub en die Bisons, het die Bisons met 32 – 18 as wenners uit die styd getree.

Fanie Janse van Vuuren is aangewys as Speler van die Wedstryd.

Die hoofwedstryd tussen die Panthers en die Bulls was taai, maar die stryd het in die Bulls se guns geëindig met die telbord op 18 – 16. Wayne Burger (Ermelo) is as Speler van die Wedstryd aangewys.

Dié twee spanne kom op 22 Februarie weer teen mekaar te staan wanneer hulle in die eindstryd van die Jan Prinsloo Cup (soortgelyk aan die Curriebeker) in Groenkloof, Pretoria op die veld sal draf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button