Local newsNews

Tuinbouers begin nuwe jaar op spogplaas

Dié geskiedkundige plaas met sy pragtuin het vir die perfekte atmosfeer gesorg en die vroue het gesellig saamgekuier

Lede van Ermelo Tuinbouklub het verlede Woensdag by die Perdekraal-venue op die plaas Rietspruit vergader.

Dié geskiedkundige plaas met sy pragtuin het vir die perfekte atmosfeer gesorg en die vroue het gesellig saamgekuier.

Onder groot koeltebome het gasvrou Marie de Jager en haar span reggestaan vir al die gaste en met ’n glas tuisgemaakte limonade ’n welkome lafenis teen die hitte gebied.

Nadat almal die heerlike ontbyt geniet het, het hulle aandagtig na lt. kol. Bakkies Groenewald van die polisie en Oubaas de Jager van ACSU geluister terwyl hulle oor veiligheid in die dorp en op die plaas voorligting gegee het.

Die vroue het die oggend afgesluit met ’n toer deur die venue (’n spog-onthaallokaal en geriewe vir troues en ander geleenthede) waarna die koffie en fyngebak nadergetrek is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button