GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

EHS lui Eeufeesjaar in

Toe die optog verby Ligbron beweeg het, het al die personeel en leerlinge op die sypaadjie gestaan en vir EHS hande geklap, voorwaar ’n hoendervleis-oomblik.

Leerlinge van Ligbron Akademie vir Tegnologie vorm ’n erewag vir EHS
Leerlinge van Ligbron Akademie vir Tegnologie vorm ’n erewag vir EHS
Die Erries sing en stap deur die strate aan die begin van hul Eeufeesjaar.
Die Erries sing en stap deur die strate aan die begin van hul Eeufeesjaar.

’n Tradisie waar al die Erries van elke huis die oggend van die groentjiekonsert net ná 7vm op ’n unieke manier by die skool opdaag, is Dinsdag oggend voortgesit.

Die leerlinge wat in vier huise opgedeel is – Huis Veltman (seuns), Nelstehuis (dogters) en dorpseuns en dorpdogters – het onder leiding van hul onderskeie dirigente ’n optog deur Ermelo se strate gehou om die begin van hul Eeufeesjaar bekend te maak. Toe die optog verby Ligbron beweeg het, het al die personeel en leerlinge op die sypaadjie gestaan en vir EHS hande geklap, voorwaar ’n hoendervleis-oomblik. EHS se hoofleiers het ’n kaartjie aan Ligbron oorhandig waarin hul Ligbron gelukwens met hul goeie matriekuitslae en het hulle ook ’n goeie jaar toegewens, waarna die Erries weer terug beweeg het skool toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button