Twee babas is op Nuwejaarsdag in die Ermelo Mediclinic gebore.
Regardt Tosen wat om 9.30vm die lewenslig aanskou het, het die skaal op 3.41kg getrek en was 58cm lank by geboorte. Regardt is ook die tweede kind van Erina en Johnny Tosen en ’n boetie vir sy vier jaar-oue sussie Jessica.