Munisipaliteit mors skoon water

Inwoners sê water word al vir vier maande gemors op Secunda.

SECUNDA – Die Ridge Times het vroeër vanjaar berig oor skoon water wat in strate wegvloei en die munisipalitiet wat nie aandag aan dié probleme gee nie.

Nóg inwoners op Secunda en Trichardt het ook gekla dat skoon water al vir maande in hul strate vloei.

Hulle het die munisipaliteit al verskeie kere geskakel, maar die water stroom steeds.

“Die water in William Hoggestraat vloei al vir vier maande.

“Ek en my bure het die munisipaliteit geskakel en hulle het gesê ons moet dit self regmaak as ons nie vir hulle wil wag nie,” het een van die inwoners gesê.

Mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê: “Waterpype wat bars, is ’n aksie wat nie voorkom kan word nie en as dit gebeur, is dit ’n uitgemaakte saak dat die water gaan lek.

“Uitgrawings moet gedoen word om die lek te bereik en te ontleed en die pype te vervang.

“Ons beveel die publiek aan om ons skakelsentrum te skakel wat die betrokke departement in kennis sal stel.”

Dié uitgrawings is volgens die inwoners egter steeds nie gedoen nie en die Ridge Times het verlede week foto’s van die water wat steeds vloei geneem en vir mnr. Masango gevra waarom die munisipaliteit na weke steeds nie ondersoek ingestel het.

Hy hy gesê dit is die joernalis se eie mening dat ondersoek nie ingestel is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version