Vrou in winkel aangeval

Die bestuurder van ’n meubelwinkel in Joubertstraat in die middedorp is in die hospitaal opgeneem nadat sy verlede week deur ’n onbekende man in haar winkel aangerand en beroof is. Volgens die polisiewoordvoerder op Ermelo, kapt. Carla Prinsloo, het die bestuurder ’n assistent bank toe gestuur om geld te deponeer. Terwyl die assistent weg was, …

Die bestuurder van ’n meubelwinkel in Joubertstraat in die middedorp is in die hospitaal opgeneem nadat sy verlede week deur ’n onbekende man in haar winkel aangerand en beroof is.

Volgens die polisiewoordvoerder op Ermelo, kapt. Carla Prinsloo, het die bestuurder ’n assistent bank toe gestuur om geld te deponeer. Terwyl die assistent weg was, het sy geld in ’n laai gebêre.

’n Man het ingekom, reguit na die lessenaar geloop en probeer om die geld uit die laai te neem. Die vrou het haar teëgesit, maar die booswig het haar met ’n stoel oor die kop geslaan en gevlug. Die vrou is intussen uit die hospitaal ontslaan.Die gerug dat ’n vrou verlede week in Kerkstraat doodgeskiet is, onwaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version